Somer Son betower kykers

Ons het gaan inloer by die premiere van die nuwe Afrikaanse rolprent Somer Son in Pretoria...

Die premiere van nuwe Afrikaanse rolprent Somer Son het onlangs by die Grove Mall in Pretoria plaasgevind, met bekendes soos Paul Rothman, Candice Boucher, Dewald Wasserfall, Neels van Jaarsveld en Sorina Erasmus wat dié glansryke aand bygewoon het.

Somer Son, wat op 8 Mei landwyd in fliekteaters vrygestel word, is vervaardig deur Clinton Lubbe en is die heel eerste ‘groen’ rolprent in Suid-Afrika. Sonkrag en ander omgewingsvriendelike inisiatiewe is ingespan in die vervaardig van die fliek.

Die storie vir dié lekkerlag familie-komedie is geskryf deur Clinton Lubbe, Zandeli Meyer en Luan Jacobs. Die verhaal handel oor Pieter en Sonja wat hoop ‘n vakansie op die idilliese strande van Mosambiek sal hul huwelik weer laat vlamvat… Op pad na hulle bestemming loop dinge egter skeef – met snaakse, opwindende gevolge.

Akteurs Juanita de Villiers, Reynard Slabbert, Mia-Anne O’Kennedy, Stefan Vermaak, Danie Putter, Hanna Grobler en Bok van Blerk skitter elk in hul onderskeidelike rolle en fliekgangers kan uitsien na dié lighartige rolprent.

Kyk hier na ons foto-galery van die Somer Son premiere:

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na editorial@rekord.co.za of skakel ons by 072 435 7717.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Exit mobile version