Bekendes baljaar by Jakkels en Leeu

Jakkie Louw en Kevin Leo het Donderdag hul nuwe CD bekend gestel.

Jakkie Louw en Kevin Leo is bekend as Jakkels en Leeu en het Donderdag (12 Februarie) hul eerste CD by die Atterbury-teater bekendgestel.

Jakkels en Leeu tree al jare saam op en het na vele versoeke ’n CD uitgereik.

Verskeie persoonlikhede het die vertoning bygewoon soos Kurt Darren en Armand Hofmeyr, aktriese Angelique Gerber, rugbyster Francois Hougaard, country-musieklegende Lance James en opera-legende Mimi Coertse.

Teatergangers het ook geleentheid gehad om voor die tyd met van die bekendes te gesels en foto’s te neem.

“Hoewel ek en Gert (van der Merwe, Hougaard se bestuurder) goeie vriende is met Jakkie, is hierdie die eerste keer dat ons ‘n vertoning gaan bywoon. Ons sien baie uit,” het Hougaard voor die tyd vertel.

Vir gratis gemeenskapsnuus in jou area, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

‘Like’ ons Facebook blad en volg ons op Twitter.

Exit mobile version