Lewendige CD- en DVD-opname suksesvol

Ruan Wepener en orkes neem CD en DVD lewendig op.

Ruan Wepener het sy nuwe CD en DVD, Donderdag lewendig by die Die Blou Hond opgeneem.

Die CD en DVD-opname het vir ’n unieke aand met interaktiewe kameras en opnametoestelle gesorg waar gaste aktief aan die prêt kon deelneem.

“Met die nuwe album wil ek mense laat voel hulle is deel van die optrede,” het Wepener gesê.

Die DVD bevat 20 en die CD 14 liedjies. Hy het gesê sy musiek is lekker luistermusiek.

Wepener het in Louis Trichardt grootgeword met die droom om te sing. Na skool het hy na Pretoria verhuis om sy droom te bewaarheid.

“Dit is my tweede album. Ek het na die baie verskillende tipes musiek geluister en besef dat luistermusiek die ding vir my is,” het Wepener gesê.

Vir gratis nuusflitse en gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:

Rekord Oos

Rekord Noord

Rekord Centurion

Rekord Moot

Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.

Exit mobile version