“Dis Hoe Ons Rol” bereik Platinum Status

Met die Ghoema 2014 Toekennings het Jay bewys hy is top. Nou het sy tweede solo album platinum status bereik.

JAY het by die Ghoema 2014 Toekennings op 13 April die gehoor met sy treffer “Twee” behoorlik op hulle voete gehad. Later die aand is hy ook bekroon met die toekenning vir Beste Pop Album deur ‘n Manlike Kunstenaar.

Nou het JAY se tweede solo album, “Dis hoe ons rol” Platinum status bereik.

“Dis hoe ons rol” is ook vir ‘n SAMA vir Beste Pop Album genomineer, waar die wenner op 28 April in die Sun City Superbowl aangekondig word.

Luister uit vir die derde gunsteling, “Halwe beker” vanaf die treffer album.

Onthou om uit te kyk vir Jay by die jaar se Afrikaans is GROOT musiekkonsert. Dié jaar se konsert beloof om die grootste nog te wees, met kunstenaars insluit soos Arno Jordaan, Corlea Botha, Bok van Blerk en Juanita du Plessis.

Exit mobile version