Rocco de Villiers gee Country nuwe lewe

Klaviermeester se nuutste CD nou beskikbaar.

Rocco de Villiers is terug met sy nuutste CD, Countrykeys, wat beloof om net so ‘n weghol-sukses soos sy vorige drie albums, Beautiful Beautiful Piano, More Beautiful Piano en Stunning, te wees.

Countrykeys spog met country-gunstelinge soos “Crazy”, “Some Broken Hearts Never Mend” en “Country Roads”, asook oorspronklike Rocco-komposisies soos “Jozi, Ma Sweetie”, “Unieke Bekoring” en “Coming Home”.

“Wanneer ek terugdink aan iets of iets sien wat my aangryp, inspireer, of wat my sommer net lekker laat lag, wil ek dit graag in musiek vasvang,” sê Rocco.

Hy glo ook dat humor ‘n kerndeel van die lewe is en daarom het sy vertonings en musiek altyd n tikkie hiervan in.

“Roccobilly”, ook ‘n oorspronklike snit op die CD, getuig van dié humor aangesien hy hier met homself spot.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version