Interessante variasie van musiek

Een van Daniel Po se liedjies het in 2009 in een van Clint Eastwood se rolprente verskyn en Daniel, hoofsanger van die Engelse pop/rock-groep, Daniel Po Band, asook die Afrikaanse weergawe van hierdie groep, Appelblou, het maar nog net begin om sy vlerke te sprei.

Resensent: Ischke de Jager

CD: Sonskyn in die aand

Sanger: Appelblou

Platemaatskappy: Vonk Musiek

Beoordeling: Die album bied ’n interessante variasie van musiek, maar elke snit se woorde is diep en poëties en praat met die siel.

Die liedjie Colorblind, wat in Invictus verskyn het, was op die kortlys vir die Oscars saam met liedjies deur U2 en ’n paar ander groot name.

Alhoewel die liedjie ten einde nie genomineer was nie, is Daniel trots op die prestasie en dankbaar teenoor almal wat daartoe bygedra het.

Dit het twee musiekvideo’s van die Engelse groep, Daniel Po Band, tot omtrent 100 000 Youtube-kyke gevat.

Dit het egter nie daar gestop nie.

Appelblou se debuutalbum, Sonskyn in die aand, is in Februarie vrygestel. ’n Hele aantal van die snitte op hierdie album het in die Afrikaanse dramareeks, Geraamtes in die kas, verskyn.

Sonskyn in die aand bevat 13 snitte waarvan slegs een nié deur Daniel geskryf is nie en dit is ’n nuwe, rustige en heeltemal verskillende weergawe van Gerhard Steyn se Baby Tjoklits.

Appelblou is slaggereed vir 2014 en Sonskyn in die aand beloof om alle verwagtinge te oortref.

Meestal jongmense tussen die ouderdom van 18 en 40 sal hoofsaaklik van dié tipe musiek hou.

Exit mobile version