EntertainmentLifestyle

Joshua na die reën

Sy duidelike gawe vir musiek is na regte geprys op universiteit, waar hy in 2010 as die top Jazz student gegradueer het.

NELSPRUIT – “…‘n nuwe klank wat nog nie in Afrikaans gehoor is nie: daar was lanklaas ‘n mooi nuwe gesig en stem wat so gesout agter die klavier inskuif en die wêreld oorrompel met sy songs! ” -Jak de Priester

Joshua na die Reën is ‘n sanger, musikant en liedjieskrywer wonend in die Jakaranda Stad.

Dié verhoogkunstenaar het reeds op negejarige ouderdom skoonskip gemaak in die vokale kategorie by die Eisteddfod. Sy duidelike gawe vir musiek is na regte geprys op universiteit, waar hy in 2010 as die top Jazz student gegradueer het. Tydens sy studies bemeester hy die klavier as sy hoofinstrument, ‘n vaardigheid wat op hede sy sterk aanvoeling vir die kitaar oorskadu.

Kort na sy studies het hy homself tuis gemaak op die verhoog as pianis en agtergrondsanger vir Jak de Priester, en meer onlangs deel hy ook die verhoog met Bobby van Jaarsveld.

Nou staan Joshua op die drumpel van die vrystelling van sy eie debuut album.  In samewerking met musiekvervaardiger Ben Ludik, is die album vroeg in 2013 voltooi te Sunset Studios in Stellenbosch, waar vele bekendes al hul liedjies vasgelê het.

 Die Betekenis agter die Naam

Die moniker Joshua na die Reën verwys na ‘n uitsonderlike band met die natuur, asook die temas van eerlikheid en hoop:

“Afhangende van die situasie is reën vir sommiges ‘n positiewe en vir ander ‘n negatiewe natuurverskynsel, maar dié wat daardeur geraak word besef dat dit lewe bring, al is dit wat daaruit voortspruit nie dadelik sigbaar nie.”

Sóms oorweldigend, sóms koesterend, die kragte van die natuur vertolk ‘n dubbele rol. Reën kan geweldadige gevolge hê, maar is noodsaaklik om lewe te volhou. Die temas in Joshua se musiek wissel ook, van die vrolike tot die introspektiewe. Die liriese inhoud van sy album is gebaseer op persoonlike ervarings en is ten alle tye eerlik, onpretensieus en outentiek: ‘n realistiese optimisme en ‘n boodskap van hoop.

Die Klank

Die kombinasie van Joshua se kontemporêre aanslag en die teenwoordigheid van tydlose musikale elemente soos strykinstrumente en die klavier, sit hom op gelyke voet met kunstenaars soos One Republic, Coldplay, Lana del Rey, Joe Niemand, Riana Nel, Die Heuwels Fantasties en The Parlotones.

Afgesien van die feit dat die album se fondasie bestaan uit klavier- en kitaargedrewe snitte, behels invloede als van R&B tot stadion rock. Laasgenoemde sorg vir ‘n omvattende produk wat verskeie luisteraars in staat stel om aanklank te vind by sy musiek. Die kunstenaar se musikale talent is genoegsame rede vir feesviering en dit is duidelik dat die publiek hierdie kunstenaar in ‘n oogwink as nasionale skat sal verklaar.

“Joshua na die Reën se kristalhelder stem, introspektiewe lirieke en meesleurende melodieë is wat hom gaan vestig as musikale talent. Die Suid-Afrikaanse musieklandskap smag na ‘n vars teug en hiérdie knaap is dít.” – Michelle Marais, Musiek Resensent, MK

Waarnatoe is Joshua na die Reën Oppad?

• Die “Joshua na die Reën SA Bekendstellingstoer” gaan na ten minste vier binnelandse stede toe gaan en ‘n kustoer.

• ‘n Musiekvideo van radio luisteraars se gunsteling liedjie.

• Toere na Namibië, Nederland, België, Australië en New Zealand.

 

Related Articles

Back to top button