Barberton se eerstes haak die knoop deur in die Laeveld-liga

Barberton het weggestap met die titel as algehele wenners van die Laeveld Liga.

NELSPRUIT – Barberton Rugbyklub se eerste span het onlangs tydens die semifinale van die Laeveld Liga die Mambas van Ngodwana met 87-22 geklop. Hierdie oorwinning op hul tuisveld het hulle  van ‘n plek in die finaal op Mbombela Stadium verseker.

Dié wedstryd het Saterdag in Nelspruit plaasgevind waartydens Barberton teen die manne van Belfast te staan gekom het. Die Barberton-spelers kan waarlik trots wees op hul puik spel. Hulle het Belfast met 30-14 geklop en het met die titel as algehele wenners van die Laeveld Liga huis toe gekom.

Philip Minnaar, president van die rugbyklub is baie trots op sy span. “Baie geluk en baie dankie aan al die spelers vir jul toegewydheid dwarsdeur die seisoen. Aan die bestuur, borge en die Barbertonners wat die manne so getrou ondersteun het, ons waardeer dit opreg. Die span het puik gespeel en ons voorwaar trots gemaak.”

Exit mobile version