BlogsOpinion

Ontdek die pragtige staproetes in die hartjie van Hazyview

As jy n natuurbewaarder is soek jy eintlik vir die stukkies wat oorbly, daar waar nog min van ons eie spesie geloop het.

Almal skarrel vir n stukkie grond. Boere, ontwikkelaars, plakkers, selfs natuurbewaarders.

As jy n natuurbewaarder is soek jy eintlik vir die stukkies wat oorbly, daar waar nog min van ons eie spesie geloop het.

lood fotos 047 (600 x 450)

Aan die agterkant van Hazyview, weg van die woongebiede af, strek die platorand met sy heuwels en valleie. Die Sabie rivier vallei het eintlik min verander oor die laaste vyftig jaar, behalwe dat daar plase bygekom het. n Mens sien ook hier en daar nuwe lande opkruip teen die heuwels om nuwe macadamias te plant. Dis juis hierdie heuwels wat die laaste bietjie natuur beskerm, omdat hulle so onbegaanbaar is. Dis ook hier waar die mooiste stap plekke is.

By Waterberry Hill stap ons al die afgelope vyf jaar. Ek het egter onlangs n pragtige nuwe roete ontdek wat eintlik maar n kortpad oor graniet rotse is. As mens n lewe maak uit staptoere, kyk jy uit vir ongerepte en onversteurde plekke wat die siel van die gewone mens sal aanspreek. En as daar min Lantana en ander indringer plante voorkom is dit klaar spesiaal.

Mense van Gauteng skiet naweke af laeveld toe om bietjie weg te breek, te ontspan en party hou van n ‘bos ervaring’. Ek het aan hulle gedink toe ek die roete stap. En dis net tien minute uit die dorp uit. Amper soos kitskos!.

Related Articles

Back to top button