Leer meer van die uitdagings in die landboubedryf

Belangstellende kan kom hoor hoe jy jou boerderybeplanning kan aanpas om sukses te behaal en die voortbestaan van jou besigheid te verseker.

MBOMBELA – Prof Johan Willemse, bekende landbou-ekonoom, akademikus, sakeman en gerekende landbouskrywer, gaan die huidige tendense en uitdagings in die Suid-Afrikaanse landboubedryf hierdie Woensdag by die Crocodile Valley Estates-ontspanningslokaal bespreek. Belangstellende kan kom hoor hoe jy jou boerderybeplanning kan aanpas om sukses te behaal en die voortbestaan van jou besigheid te verseker.

Deel in sy strategiese denke en praktiese raad. Tydens die werkswinkel gaan hy boere help om doelwitte en aksieplanne saam te stel om die volhoubaarheid van enige boerderybesigheid te verseker. Die werkswinkel begin om 14:00. Navrae: Monya by 083-656-6777 of monyaerasmus@icloud.com.

Exit mobile version