Old Joe nuwe baadjie

Dit sal die vierde jaar wees vir hierdie vier dae lange fietstoer wat in en om Nelspruit plaasvind.

SCHOEMANSKLOOF – Old Joe was maar bra vaal die afgelope paar weke en het net ‘n swart laag verf met wit strepe oor gehad.

Wouter de Witt, oftewel Ghost, het egter Dinsdag weer wondere met sy verfkwas verrig en dié bekende Laeveldse baken omskep in ‘n vrolike fietsryer – spesiaal vir die 2014 TRAC N4 Fietstoer wat vanaf 27 tot 30 Maart in en om Nelspruit sal plaasvind.

Dit sal die vierde jaar wees wat TRAC hierdie vier dag lange geleentheid borg en van die land se topfietsryers gaan deelneem. “Ons glo dat ons betrokkenheid by hierdie fietstoer nie net fietsry as ‘n sport in die omgewing sal bevorder nie, maar ook toerisme en sosio-ekonomiese ontwikkelingsgeleenthede in die provinsie sal ontwikkel, het me. Solange Soares-Nicholson, woordvoerder van TRAC, gesê.

Die fietstoer is gewoonlik oop vir o/16 seuns en -meisies, junior mans en -vroue en o/23 mans, maar hierdie jaar word ‘n elite-vroue-afdelingl bygevoeg. Hierdie jaar se vyf-fase roete is sorgvuldig gekies om die Laeveld se mooiste besienswaardighede en dorpe, soos Sabie, Schoemanskloof en Kaapsehoop, in te sluit. Die Laeveld het ongenaakbare terrein en verswelgende hitte en die roete sal dus een van die mees uitdagendstes nog wees.

Dele van die N4 sal wel vir die fietswedren gesluit word en verdere inligting sal nader aan die tyd gekommunikeer word.

Belangstellendes kan op www.hatoere.co.za inskryf en het net tot 16 Maart tyd.

Exit mobile version