Twee dood en agt beseer in naweek-ongelukke

Een ongeluk lei tot 'n volgende op die N4 naby Montrose, en veroorsaak dat die hoofweg toegemaak is vir verkeer vir om en by vyf ure.

NELSPRUIT – Die motorongeluk op die N4 wat Sondagmiddag twee lewens geëis het, het motoriste vir ure frustreer. Boonop is agt ander in ‘n tweede botsing, kort op die hakke van die eerste, beseer.

Die pad is na die eerste ongeluk, wat kort voor 17:00 gebeur het, vir verkeer in beide rigtings gesluit. Dit het naby die Schoemanskloof-afdraai, ook bekend as Montrose, plaasgevind.

‘n Bakkie wat vanuit Nelspruit se rigting gereis het, het glo teen die kant van ‘n aankomende trok gebots. Beide die bakkie se insittendes is uit die voertuig geslinger en is op die toneel dood.

Die N4 is afgesper tot die ongelukstoneel opgeruim kon word.

Dit het in die teenoorgestelde rigting tot stilstand gekom, met een van die insittendes aan die linkerkant van die pad en die ander wat oor die reling aan die ander kant geslinger is.

Nooddienste was spoedig op die toneel en verkeersvloei het tot ‘n slakkepas afgeneem. Die bestuurder van ‘n tweede trok wat ook van Nelspruit se rigting aangekom het, het volgens ooggetuies hom egter met die spoed misreken en beheer oor die voertuig verloor. Die trok het teen ‘n aankomende Toyota Yaris gebots, wat op sy beurt die polisiemanne aan die kant van die pad getref het voordat dit op sy dak te lande gekom het.

‘n Werker van die insleepdienste wat ook op die eerste ongelukstoneel was, het vertel dat hy begin hardloop het toe hy die trok sien aankom.

Volgens me. Lasea Swift, wat van Pretoria af terug na Nelspruit op pad was, het sy agter die Yaris gery.

Lees die volledige berig in Laevelder van Dinsdag, 28 Januarie of more op lowvelder.co.za

Lees die aanvanklike berig hier of oor ‘n ongeluk waarin twee dood is verlede naweek.

Sien nog foto’s van die toneel hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version