Local newsNews

Huis Bethlehem kry greep

Die kinders van Huis Betlehem kan deesdae met gemak met hul nat voete oor die teëls na die swembad hardloop

NELSPRUIT – Die kinders van Huis Betlehem kan deesdae met gemak met hul nat voete oor die teëls na die swembad hardloop. Die span van Get a Grip het aan die einde van November keramiekteëls daar gelê in die hoop om gebreekte bene en arms te voorkom. “Ons het die teëls geskenk omdat ons weet kinders let nie regtig op om versigtig oor die vloere te hardloop nie, veral nie as dit nat is nie. Hopelik voorkom ons op die manier ‘n hele paar insidente,” sê ‘n verteenwoordiger van die maatskappy Amanda Barnard.

IntellaTread (Get a Grip) is ‘n chemiese behandeling wat op vloere aangewend word om moontlike voorvalle soos gly en val te verminder. “Ons is so dankbaar dat die eienaars Werner en Yolanda Oosthuizen die vloere vir ons geskenk het,” vertel die huisouer Elsie Welgemoed.

Huis Betlehem Witrivier het in 2000 sy deure geopen om aan kinders wat vanuit hul ouerhuise weens trauma of gesinskonflik verwyder moes word ‘n veilige en huislike heenkome te bied. Huis Betlehem Nelspruit wat sedert Desember 2008 funksioneer, tesame met dié een in Witrivier, is die enigste plekke van veiligheid in die Laeveld, wat nie nie uitsluitlik op vigswesies gerig is nie.

Daar word na die leerders se fisiese, emosionele, sosiale en skolastiese versorging omgesien. Volgens wetgewing mag daar nie meer as ses kinders per huis toegelaat word nie. Witrivier het sedert hul onstaan al ongeveer 230 kinders versorg en Nelspruit reeds 33. Hulle ouderdomme wissel vanaf ‘n maand tot 18 jaar. Die projekte word deur die gemeenskap ondersteun, hulle ontvang geen staatshulp nie en is van skenkings en donasies afhanklik.

Indien jy ‘n bydrae wil maak, skakel 079-490-5059.

Bankbesonderhede:

407-263-2427 (Nelspruit)

405-328-8491 (Witrivier)

Tjekrekeningnommer

• Absa Bank 632005.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button