Trok en bakkie in ongeluk

Botsing veroorsaak groot skade aan bakkie

‘n Trok van Tzaneng Treated Timbers (TZN) het ongeveer 11:00 op Saterdag, 14 Desember gebots met ‘n Ford Batam bakkie op die Sabie pad. Daar was geen beserings nie maar die bakkie was erg beskadig. Die houtvervoer trok was vanaf Tzaneen via Hazyview oppad Sabie toe en het gelukkig geen vrag gedra nie.

“Die trok was in die verkeerde baan,” se Reni Marais bestuurder van die bakkie. “Ek het probeer uitswaai en begin briek om ‘n kop aan kop botsing te vermy. In die proses het die trokbestuurder dit reggekry om die vervoertrok na die linkerkant te begin oortrek. Gelukkig het ek toe net die trok teen sy kant getref waar die diesel tenk gesit het.”

Volgens Solomon Masego, trokbestuurder, het sy stuurwiel gesluit . Na die botsing het die trok tot stilstand gekom in the bosse aan die kant van die pad.

Kaptein Fakude van Hazyivew SAPD was op die toneel en volgens om het Masego nie die na alkohol geruik nie. Me. Mart Marais en vreindin me. Simone Richerts het die verkeer geruggeleer totdat Hazyview Trekdiens die voertuig kom herwin het.
Marias se kar sal moontlik afgeskryf word aangesien die skade aan haar voertuig te groot is vir herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version