CrimeHard newsNews

Vrou twee keer geskiet buite huis

‘n Vrou is gisteraand twee keer in die oprit van haar huis in Impalastraat in Steiltes geskiet kort nadat sy by haar hek in gekom het.

NELSPRUIT – ‘n Vrou is gisteraand twee keer in die oprit van haar huis in Impalastraat in Steiltes geskiet kort nadat sy by haar hek in gekom het.

Sy is nie ernstig gewond nie en sterk tans by haar ouerhuis aan. Volgens mnr. Jacques Meiring, operasionele bestuurder van Bossie’s Community Justice, is die vrou omstreeks 23:30 deur drie boosdoeners oorval. Sy het pas by die huis aangekom en was op pad om in te gaan toe hulle toegeslaan het.

Sy het pepersproei uitgepluk en hulle daarmee probeer afskrik. Een van die aanvallers het op haar geskiet
en sy is een keer in die bors en een keer in die skouer getref.

Bure wat die skote gehoor het, het dadelik Hi-Tech Sekuriteit Nelspruit ontbied. Die verdagtes het in ‘n
wit Fiat gevlug en is sowat twee ure later aangekeer. Die Fiat was gesteel en daar is ook ‘n 45-
kaliber pistol en ammunisie daarin ontdek.

Die vrou is na Mediclinic Nelspruit geneem waar sy behandel is. Sy is vanoggend ontslaan en sterk tans by
haar ouers aan. Die verdagtes sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button