CrimeLocal newsNews

Vrou lê ‘n klag van aanranding

Onafhanklike ondersoek-eenheid van SAPS sal klag ondersoek teen 'n lid wat 'n plaaslike vrou glo 'n "wit teef" genoem het.

NELSPRUIT – ‘n Saak van aanranding teen ‘n lid van die SAPD se taktiese reaksie-eenheid, oftewel die TRT, is volgens die onafahanklike ondersoekeenheid (IPID) teen Dinsdag nog nie deur die plaaslike polisiestasie na hulle verwys nie.

Die vrou wat Vrydag die klag by Nelspruit-polisiestasie aanhangig gemaak het, is na bewering daardie middag teen die bors geslaan en met ‘n vuurwapen gedreig, en as ‘n “wit teef” deur ‘n lid van die eenheid toegesnou terwyl ander regsdienaars en verkeerspolisie glo toegekyk het. Die slagoffer kon nie die naam van die lid bekom nie, maar ooggetuies het foto’s geneem.

Die SAPD-woordvoerder vir Mpumalanga, kol. Leonard Hlathi het verklaar dat die saak aan IPID oorhandig is. Laasgenoemde se woordvoerder,

mnr. Joseph Dlamini het bevestig dat die eenheid die klagstaat sal soek en met ‘n ondersoek sal begin.

Related Articles

Back to top button