Video: Wedloop vir kanker

Die geweldige reën Saterdag het nie die geesdrif gedemp by die jaarlikse Kansa Relay for Life nie!

‘n Totaal van 45 spanne, meer as 900 mense, 85 kanker oorwinnaars en versorgers, het saamgespan om een van die mees suksesvolste wedlope ooit aan te bied.

Tydens die Relay for Life stap spanne vanaf 18:00 tot 06:00 om die baan om te wys dat hulle saam veg teen die kankerstryd. Dit maak ook nie saak of dit mooi- of reënweer is nie, kanker hou nooit op nie! Almal se deurdruk tot Sondagoggend het gewys dat hulle saamstaan om kankerlyers, hul versorgers en die Kankervereniging te ondersteun.

Gallery

• Daar is vanjaar R168 000 by die Relay for Life ingesamel vir die Kankervereniging se projekte.

 

 

Exit mobile version