Twee in Droomspan

Vanaf 26 Junie tot 1 Julie het Hoërskool Middelburg se krieketspanne deelgeneem aan ’n krieketweek by Hoërskool Merensky.

Die eerste twee dae se wedstryde het uitgereën.

Die juniorspan wen daarna drie uit hul vier wedstryde waar die seniorspan slegs een uit vier wedstryde wen.

Die juniorspan teken wenlopies aan teen Hoërskool Eldoraigne (45 lopies), Dinamika (38 lopies) en Hoërskool Randburg (62 lopies), maar loop hul vas teen Hoërskool Garsfontein.

Katlego Baloyi word opgeneem in die droomspan van die week.

Katlego Baloyi word opgeneem in die droomspan van die week na sy skitterende krieketweek.

Die seniorspan klop Hoërskool Bredasdorp met 42 lopies en val vas teen Hoërskole Garsfontein, Eldoraigne en Waterkloof.

Jayden Scholtz teken 207 lopies aan vir die week en word ook in die droomspan van die week opgeneem. Hy is ook as o/18 kolwer van die week aangewys.

Exit mobile version