Marble Hall tennisspeler presteer by IPT-byeenkoms

’n Tennisspeler van Laerskool Marble Hall wen tien van haar wedstryde tydens die interprovinsiale tennistoernooi (IPT o/13) in Pretoria.

Riani Potgieter, ’n tennisspeler van Laerskool Marble Hall, het aan die interprovinsiale tennistoernooi (IPT o/13) deelgeneem wat hierdie jaar aangebied is in Pretoria.
Sy was op Affies, Tukkies en Groenkloof se tennisbane te sien.
Riani het uitstekend gevaar en het behoorlik Laerskool Marble Hall se naam hoog gehou.
Die uitslae is as volg:
Sentraal Gauteng:
• Riani verloor enkels, 4-6, 1-6, verloor dubbels en verloor gemengde dubbels.
Wes-Kaap:
• Riani wen enkels, 6-0, 6-1, wen dubbels en wen gemengde dubbels.
Noordwes:
• Riani wen enkels, 6-0, 6-3, wen dubbels en wen gemengde dubbels.
Boland:
• Sy wen enkels, 6-0, 6-2 en wen dubbels 7-5.
Oos-Kaap Olifante:
• Sy wen enkels, 6-3, 6-2 en wen dubbels met 6-5.

Exit mobile version