Observer Daller
Malies se mini-hokkiespanne meet kragte
Laerskool Marble Hall se mini-hokkiespanne meet kragte teen Laerskool Kragbron en Laerskool Eugene Marais.
Laerskool Marble Hall se mini-hokkiespanne het kragte gemeet teen verskeie skole gedurende die seisoen.
Die wedstryde het amptelik afgeskop by Laerskool Kragbron, waar die o/7 tot o/9 seuns- en dogterspanne van Laerskool Marble Hall hul eerste wedsttryde by Laerskool Kragbron gespeel het.
Elke span het egter teen verskillende skole meegeding.

Die o/7 tot o/9 mini-hokkie spanne het ook aan ’n mini-hokkiedag deelgeneem by Laerskool Eugene Marais.

Die mini-hokkiepselers het baie tydens die seisoen geleer en elke wedstryd met goeie gees aangedurf.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
