Observer Daller
Hoërskool Ben Viljoen se hokkiebokkies op Liggie-velde
Hoërskool Ben Viljoen se o/14 hokkiespan speel gelykop teen Ligbron Akademie met ’n telling 2-2 tydens ’n vriendskaplike wedstryd.
Hoërskool Ben Viljoen se hokkiebokkies het vriendskaplike wedstryde gespeel op Ligbron Akademie se velde ter voorbereiding van die Noordvaalkampioenskappe.
Die Dallers het te staan gekom teen onderskeidelik Hoërskool Ermelo en Ligbron Akademie.
Die o/14-span speel gelykop teen Ligbron Akademie met ’n telling van 2-2, terwyl die eerste span met ’n telling van 0-4 vasval.
Die o/15-span verloor ook 2-4, terwyl die o/16’s 1-4 verloor.
Hierdie wedstryde was ’n goeie leerskool vir die spelers.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.