Vier leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen, Ruan van Niekerk, Gideon van Niekerk, WJ Pieterse en Henri van der Merwe, het deelgeneem aan die nasionale Taekwon-Do kampioenskappe wat in Alberton plaasgevind het.
Ruan van Niekerk verwerf goud in Sparring, asook brons in Sparring, terwyl Gideon van Niekerk silwer verwerf in Sparring.
WJ Pieterse verwerf goud in spesiale tegnieke, goud in Patterns en word ook aangewys as die beste ‘Male Panther’ van die kompetisie.
• ‘Panther’ is die term wat gebruik word vir deelnemers wat 13 jaar en jonger is, en nog nie 14 jaar oud geword het nie.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.