Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen leerders presteer by nasionale Taekwon-Do kampioenskappe

Die vier leerlinge het altesame met vyf medaljes, asook die toekenning vir die beste deelnemer onder 13, weggeloop.

Vier leerlinge van Hoërskool Ben Viljoen, Ruan van Niekerk, Gideon van Niekerk, WJ Pieterse en Henri van der Merwe, het deelgeneem aan die nasionale Taekwon-Do kampioenskappe wat in Alberton plaasgevind het.

Ruan van Niekerk. Foto: Verskaf.

Ruan van Niekerk verwerf goud in Sparring, asook brons in Sparring, terwyl Gideon van Niekerk silwer verwerf in Sparring.

Gideon van Niekerk. Foto: Verskaf.

WJ Pieterse verwerf goud in spesiale tegnieke, goud in Patterns en word ook aangewys as die beste ‘Male Panther’ van die kompetisie.

Henri van der Merwe. Foto: Verskaf.

• ‘Panther’ is die term wat gebruik word vir deelnemers wat 13 jaar en jonger is, en nog nie 14 jaar oud geword het nie.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button