Observer Daller

Hoërskool Ben Viljoen hengelaars by ligabyeenkomste

Hoërskool Ben Viljoen se hengelspanne eindig in onderskeidelik die vyfde en sewende plekke tydens die ligabyeenkomste.

Hoërskool Ben Viljoen se hengelaars het aan ligabyeenkomste van die hoërskole varswater-oewerhengelkompetisie deelgeneem.

Japie Oberholzer. Foto: Verskaf.

Tydens die derde ligabyeenkoms het die skool se spanne onderskeidelik in die sesde en sewende plekke geëindig.

Jaco Bouwer. Foto: Verskaf.

MJ de Beer het ook die grootste karp vir die dag gevang wat ’n allemintige 6.82kg geweeg het.

Dewald du Plessis. Foto: Verkaf.

Die vierde byeenkoms het plaasgevind by die Nyl Biodiversiteit Dam in Mokopane.

Hoërskool Ben Viljoen se spanne eindig die hengelseisoen in onderskeidelik die vyfde en sewende plekke, en Leon van Rooyen verwerf ’n bronsmedalje vir die dag.

Leon van Rooyen. Foto: Verskaf.

Dewald du Plessis eindig algeheel negende in Limpopo en word gekies om Hoërskool Ben Viljoen en Limpopo te verteenwoordig tydens die Suid-Afrikaanse skolekompetisie by die Bloemhofdam.

Mnr. Sarel Snyman, Leon van Rooyen en Ruben Language. Foto: Verskaf.

Jaco Bouwer word as reserwe gekies vir die uitnodigingspan wat ook gaan deelneem by Bloemhofdam.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Janine Saayman

Janine has been working as a journalist/photographer since 2014 at the Daller in Groblersdal. She was awarded the O.H. Frewin Upcoming Journalist of the Year in her first year as a journalist. Janine has a passion for photography, writing, being creative and doing things to the best of her ability.
Back to top button