Hoërskool Ben Viljoen atlete by inter-provinsiale landloopbyeenkoms

Vyf landlopers van Hoërskool Ben Viljoen het deelgeneem aan die Interprovinsiale landloopbyeenkoms by die Kees Taljaardstadion.

Hoërskool Ben Viljoen se langasems het aan die Interprovinsiale landloopbyeenkoms deelgeneem wat by die Kees Taljaardstadion in Middelburg plaasgevind het.

Die atlete het hul goed van hulle taak gekwyt en Vanessa da Silva eindig in die sewende plek vir vroue o/23.

Vanessa da Silva. Foto: Verskaf.

Anné Marais behaal ’n 27ste plek in dogters o/15, met Omphile Tshikane en Kadmiel Lotika wat onderskeidelik ’n 30ste en 62ste plek behaal in die seuns o/17 afdeling.
Karel Minnie verwerf ’n 57ste plek in die seuns o/16 afdeling.

Omphile Tshikane. Foto: Verskaf.
Karel Minnie. Foto: Verskaf.
Kadmiel Lotika. Foto: Verskaf.
Anné Marais. Foto: Verskaf.
Exit mobile version