Bruggie buig voor Klein Olifant

Middelburg se gunsteling brug kry bloedneus

‘n Strook oppervlak is weg gespoel op die laagwaterbruggie in Asaliastraat.

Die brug oorstoom nie meer nie, maar is ‘n muisval vir motoriste.

Die diep gat.

Daar is versperrings op maar ons almal ken daai iemand wat ‘n kans sal waag.

Moenie!

Die brug is onstabiel en meer neerval word volgende week verwag.

Die 21km Loskop Marathon reeks se Wild Challenge-roete moes ook verander word, weens die stygende watervlak van die dam.

Waterpunte moes ook aangepas word.

@middelburgobserver

The lower water bridge, at Kees Taljaard Stadium, Middelburg, is being washed away.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

DA raadslid Helda de Klerk het versoek dat die brug ordentlik beveilig word, en toe gehou word tot herstelwerk afgehandel is.

 

 

Exit mobile version