’n Motoris het vir hulp gevra nadat ’n bakkie by die treinbrug op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) omgeslaan het.
Die ongeluk het kort voor 12:00 gebeur en het ’n vrou op die Traffic Alert WhatsApp-groep gevra dat die nodige dienste ontbied word. Sy het in haar stemboodskap gesê dat die bestuurder van die bakkie ‘okey’ is.
Volgens haar stemboodskap het een voertuig ’n ander voertuig verbygesteek en in die daaropvolgende gebeure, het die bakkie gerol.
- Daar word verneem dat die toneel reeds opgeruim is en die pad weer oop is vir verkeer.