Die geregtelike ondersoek verrigtinge ten opsigte van Maryka Kleinhans (31) se dood is vanoggend weer uitgestel na later vanjaar.
Sy was saam met Awie Geldenhuys in die voertuig kort voor haar dood en is daar later gesê dat sy uit die kar uit geval of gespring het.
Die Onafhanklike Polisie Ondersoek Direktoraat (Opod) het die saak ondersoek en is die familie later meegedeel dat die nasionale vervolgingsgesag nie vir Geldenhuys gaan vervolg nie. Die familie het tot vandag toe nog nie antwoorde op al hul vrae gekry nie.
Hulle is in Desember in kennis gestel dat ‘n geregtelike ondersoek (GO) nou volg.
Lees ook: Familie hoop geregtelike ondersoek bring antwoorde na Maryka se dood
Maryka se ma, Petra Bezuidenhout, haar suster, Winnie en nog ‘n familielid het vanoggend teleurgesteld by die hof omgedraai toe dit weer uitgestel is.
Geldenhuys was nie teenwoordig tydens die verrigtinge vanoggend nie. Adv. JJ Venter (Pretoria balieraad) het verduidelik dat Geldenhuys in die Kaap bly en daarom nie daar kon wees nie. Hy het gevra of die verdere verrigtinge later per Zoom kan geskied en is dit toegestaan.
- Die GO is uitgestel na ‘n latere datum vir die getuies om teenwoordig te wees.