’n Vrou is ernstig beseer en per helikopter na Polokwane geneem vir mediese behandeling, nadat sy ’n koedoe met haar voertuig getref het op die R33-pad tussen Stoffberg en Groblersdal.
Die ongeluk het omstreeks 13:30 plaasgevind, ongeveer 7km voor Stoffberg. Sy was glo onderweg na Groblersdal.
Volgens mnr. Derrick Maidment, 24 Seven Logistics, het sy ernstige rugbeserings, asook ’n besering aan haar linkerbeen opgedoen.
Die vrou is per helikopter na Polokwane geneem vir mediese behandeling.
Lees ook: (Video) Medical chopper lands on R33
Na wat verneem word is sy verbonde aan die Roossenekal staatsambulansdienste.
24 Seven Logistics het reeds die voertuig vanaf die toneel verwyder.