Vosges familie word nie voos van parkrun!

Die Vosges-familie is almal topfiks en is elke Saterdag aan die draf by die parkrun.

Etta en Douw Vosges is bekende gesigte in Middelburg waar hulle gereeld aan die parkrun by Lavender Mill deelneem.

Dié twee doen ook graag die parkrun as hulle ander dorpe besoek.

Etta en Douw was verlede naweek in Durban waar hul 10-jarige kleinseun, Daniël Cason, sy 150ste parkrun op Westville in Durban geloop het. Daniël het al 25 verskillende parkruns bygewoon en het al 18 keer opgetree as vrywilliger.

Douw het in totaal al 302 parkruns gedoen op 44 verskillende plekke en het 24 keer vrywilligerswerk gedoen. Hy moet nog net een keer as vrywilliger optree om die Parkrun Mylpaal van 25 te behaal vir ’n pers vrywilligershemp.

Etta (wat met ’n prostese loop) het al 303 parkruns gedoen op 44 verskillende plekke en het al 103 keer by die wedloop vrywilligerswerk gedoen. As jy by 100 keer kom, is jy geregtig op ’n swart vrywilligershemp.

Exit mobile version