News

Video: Watermeterdiewe verontrief inwoners!

Asof daar nie genoeg waterprobleme in ons dorp is nie, moet mense sonder water sit, omdat watermeters gesteel word!

‘n Inwoner sê hulle is al vanaf gisteraand 21:00 sonder water omdat die watermeter langs hul kompleks in Kanonkop gesteel is.

Mnr. Christiaan Wentzel het die Middelburg Observer gisteraand op ons bystandnommer laat weet van die watermeter wat gesteel is in Lilian Ngoyistraat, reg oorkant die Kanonkop Dierekliniek.

“Toe ons in Proteastraat opry, het ons die munisipale werkers gekry waar hulle besig was in Proteastraat waar daar ook ’n watermeter gesteel is. Ons het hulle vertel van die een in Lilian Ngoyi en is hulle soontoe ook.”

Die water spuit die wêreld vol waar die watermeter gesteel is.

Hy het ’n video geneem waar die munisipale werkers die grond moes omdolwe om ’n nuwe meter in te sit.

@middelburgobserver

Meer as 30 watermeters in twee weke in Middelburg gesteel.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Mnr. Wentzel sê dat hulle egter sedertdien sonder water sit en hoe ’n groot irritasie dit vir almal is wat daardeur geraak word.

• Daar is riemtelegramme dat die munisipaliteit nie meer watermeter voorrade het nie, as gevolg van al die diefstalle. Rdl Helda de Klerk het bevestig dat daar wel baie watermeters gesteel word, maar dat dit onsin is dat daar nie watermeters beskikbaar is om dié wat gesteel word, te vervang nie.

Net in die laaste twee weke alleen is meer as 30 watermeters gesteel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Middelburg Observer in Google News and Top Stories.

Daleen Naude

Daleen Naudé is the news editor of the Middelburg Observer, Observer Daller and the Observer Express. In 2024, she was named FCJ Journalist of the Year for the second time, and has won numerous other accolades during her illustrious 36-year career. As an industry leader in investigative reporting, Daleen has uncovered various hidden truths in her time at the Observer.
Back to top button