Trok slaan om by weegbrug

’n Trok het vanmiddag by die Middelburg weegbrug omgeslaan.

Die omstandighede rondom die ongeluk vanmiddag by die Middelburg weegbrug op die R555 (ou Middelburg/Witbankpad) is nog onbekend.

Daar word verneem dat die trok omgeslaan het, maar dat die drywer van die trok gelukkig nie ernstige beserings opgedoen het nie.

• Die Traffic Alert WhatsApp-groep het motoriste ingelig oor die ongeluk. Dit het glad nie verkeer op die pad self beïnvloed nie.

• Persone wat deel wil word van die WhatsApp-groep, kan ’n WhatsApp stuur na Louwtjie Swart by 078 400 9517.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version