News
Pad oop na vroegoggend ongeluk
Verkeer was vir sowat twee ure ontwrig na ’n ongeluk op die R575 (Vandyksdrifpad).
Die Traffic Alert WhatsApp-groep laat weet dat die toneel opgeruim is waar daar vanoggend omstreeks 06:00 ’n ongeluk was op die Vandyksdrifpad.
Na wat verneem word was daar ’n ongeluk naby die indraai na die Seriti Myn (ou Middelburg Myn) waar twee bakkies (’n Toyota en ’n Ford) betrokke was.
Omstanders het laat weet dat daar gelukkig nie ernstige beserings was nie.
Motoriste wat wil deel word van die Traffic Alert-groep, kan ’n WhatsApp stuur na Louwtjie Swart by 078 400 9517.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
