News

Middelburg se geskiedenis bordjie vir bordjie bewaar

Middelburg se geskiedenis word blou bordjie vir blou bordjie bewaar.

Die afgelope paar maande het blou bordjies soos paddastoele in ’n dennewoud opgeskiet oral op die dorp.

Dit is ’n dinamiese projek van Middelburg Erfenis wat sal sorg dat toekomstige geslagte maklik toegang het tot die kleurryke geskiedenis van die 2015 Dorp van die Jaar.

Bordjies is deur weldoeners geborg en daar is ’n qr-kode wat skandeer kan word om meer oor die spesifieke terrein, skool of graf op te lees of nog foto’s te sien.

Theo Ligthelm, wat as ’n absolute kenner van die omgewing se geskiedenis beskou kan word, het ’n groot rol gespeel om te sorg dat die inligting histories korrek is.

Die Erfenisgroep onder leiding van Rudi van Wyk het die projek met groot entoesiasme aangepak en elke bordjie het met sorg en liefde sy plek gekry.

Die nuutste een is Donderdag by die Metodiste Kerk opgesit.

Die blou bordjie by Van Blerkplein.

Dit is ’n voortgesette projek met Oscar Henry Frewin, eerste redakteur en eienaar van die Middelburg Observer in 1903 en Frederik Sheuble Bukes wat sy lewe opgeoffer het vir sy dogtertjie, Suzette, nadat hy van die spoorwegbrug op die ou Belfastpad gespring het in 1950, wie se grafte nog hulle blou bordjie moet kry.

Grafte in die ou begraafplaas wat reeds bordjies gekry het, is die van Jack Hindon, Henri Slegtkamp, ds. Alewyn Burger, Janie Burger, Jacobus Toerien, dr. John Tower Blake, Carel Tregardt, luitenant Rainy Anderson, HH Joubert, Andries Francois du Toit, Bessie Epstein, Thomas Begbie, Japie Maré, Phillippus Carel Bronkhorst, Jacobus Nicolaas Boshoff de Kock, Joseph Henry Laver en Harry Laver.

Die span het ook op Erfenisdag, 24 September, blou bordjies aangebring by Hoërskool Middelburg, die Moerdijk Hospitaal, die Burgermonument, die konsentrasiekampgrafte by die ou begraafplaas, Britse grafte, heldeakker, konsentrasiekamp monument en grafte in Mineralia en Henri Slegtkamp se huis.

Vir meer inligting oor die projek of hoe om betrokke te raak, skakel Rudi van Wyk by 082 569 8510 of e-pos Theo Ligthelm by theolig@absamail.co.za.

@middelburgobserver

Blou Erfenisbordjies skiet oral op om geskiedkundige plekke in Middelburg te identifiseer.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button