KYK: Heli skep water uit swembad om muur van vlamme te help stuit

Geen oop brande tot einde November asseblief!

Boere van Groblersdal tot Stoffberg moes sedert die naweek bontstaan teen verwoestende brande wat verlede Sondagnag deur weerlig op ’n buurplaas van Kruisrivier Natuurreservaat begin is.

Mnr. Marius Verwey van Kruisrivier Natuurreservaat sê die verwoesting lê wyd, en dat die reservaat self rondom 1000 hektaar se weiding in die brande verloor het.

Die brande wat rondom Kruisrivier gewoed het, is eers Donderd

ag onder beheer gebring nadat ’n helikopter van Working on Fire ingespan moes word om die vlamme uit die lug te beveg.

Videomateriaal wat aan die Middelburg Observer deur die reservaat verskaf is, wys hoe die helikopter herhalend water uit die reservaat se swembad skep en dan opstyg na waar die vure die ergste brand.

Verwey sê dat daar gelukkig nie wildsterftes in die reservaat was nie, maar sê buurplase het net so erg deurgeloop en dat “almal, almal gehelp het.”

Werkers by die reservaat het Sondagmore omstreeks 04:00 die oggend reeds begin vure slaan.

Verwey sê dat die brande gelukkig nie skade aan strukture soos die 18 chalets, die trouvenue of woonhuise aangerig het nie.

Skade is wel aan die reservaat se pypnetwerk en pompe aangerig, wat nou vervang moet word.

Die aankoop van wildsvoer is ’n verdere finansiële terugslag vir die reservaat.

Die helikopter is Woensdag ontbied, nadat boere en brandslaners nie die vure kon stuit nie.

Sterk winde het die brande vinnig in alle rigtings versprei.

Boere van Stoffberg het self slapelose nagte gehad, met Jan Uys se plaas wat erg deurgeloop het onder brande.

Sy buurman, Marthinus Botha sê dat hulle Uys te hulp gesnel het, nadat brande sedert Maandag in die area begin woed het.

Die brande is eers Vrydag geblus, nadat ’n helikopter ook Donderdag na Stoffberg gestuur is om die vure te help blus.

Uys sê dat die helikopter sowat ’n uur in die lug was.

Hy sê dat meer as 3000 hektaar weiding op sy plaas verwoes is.

Volgens Uys het die brande vanaf Diepkloof, ’n staatsplaas, se rigting Maandag na sy plaas versprei.

Daar is tans ’n algehele brandverbod op oop vure tot einde November.

Boere sê almal dat die meerderheid van brande deur mense veroorsaak word.

@middelburgobserver

A helicopter takes water from a swimming pool to combat a fire near the Kruisrivier Nature Reserve. Video taken October 2.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

Do you have information on a news story you think we should cover?

Please send an email to our News Editor at daleen@mobserver.co.za or phone us on 072 248 3855.

To keep updated and informed on all the latest Middelburg news, visit our official social media pages:

Facebook, Instagram, TikTok, X (Formerly Twitter), and YouTube.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version