Baba wat doodgebore is, se begrafnis gereël

Die baba wat verlede week doodgebore is in die Witbank Hospitaal, se begrafnis is hierdie week.

Klein Lianca-Lee Nortjé se begrafnis is Vrydag (11 Oktober) om 11:00 uit die Presbiteriaanse Kerk.

Dié babadogtertjie is op ’n 29 weke swangerskap doodgebore. Haar ma, Sonnette Cassell, is verlede Maandag vanaf Middelburg Hospitaal na die Witbank Hospitaal verwys, waar die baba die Woensdag doodgebore is.

Sonnette se ouers, Sonnette (snr) en Leon Viljoen, voel die baba sou ’n kans gehad het op oorlewing as daar ’n keisersnit gedoen is, toe die hospitaal agtergekom het sy het pre-eklampsie (’n ernstige swangerskap komplikasie weens hoë bloeddruk).

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/10/03/grootouers-glo-kleinkind-sou-kon-leef-met-keisersnit/

• Die familie kon nie ’n begrafnis bekostig nie en het die gemeenskap bydraes gelewer vir die begrafniskostes. Me. Viljoen het vanoggend gemeld dat daar nog ’n paar klein uitgawes is wat gedek moet word. Persone wat hulle wil ondersteun, kan haar skakel of WhatsApp by 067 229 1274.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version