Video: Gemeenskap maak seker hul diere bly hondsdolvry

As jy nog nie jou hond of kat ingevat het vir die hondsdolheid inenting nie, is daar darem nog tyd tot 16:00 vandag en die res van die week (daagliks tot 15:00) by ander sentrums in en om die dorp.

Ons dorp se inwoners ondersteun die inentings teen hondsdolheid!

Harvey Mashile (landboudepartement) spuit Scruffy, terwyl Thys Marais hom vashou.

Die Departement van Landbou in samewerking met die staatsveearts bied die inentings gratis aan en is die eerste inentings vandag by die Tosca Sentrum en Kanonkop Superspar begin. Hulle was tot 15:00 by Kanonkop Spar en sal tot 16:00 by Tosca wees.

André de Wit hou Bailey vas, sodat Harvey hom kan inspuit.

 

• Die res van die inentingsdae is as volg:
8 Oktober 10:00 – 15:00
Midwater Sentrum
Aerorand Friendly (naby Corpus Christi)
9 Oktober 10:00 – 15:00
Alzu Depot, Middelburg Mall
10 Oktober 10:00 – 15:00
OK Grocer, Mineralia
11 Oktober 10:00 – 15:00
Staatsveeartskantoor, Middelburg (naby DBV)
14 Oktober 10:00 – 15:00
Komati Gemeenskapsaal
21 Oktober 10:00 – 15:00
Pullenshope – Foodzone parkeerterrein
28 Oktober 10:00 – 15:00
Rietkuil Gemeenskapsaal.

Harvey spuit vir Soekie, met Julia Prinsloo wat die hondjie vashou.
Louis Prinsloo hou Teddie se kop vas, sodat Harvey hom kan inent.
Charl Groenewald het Stoffel ingevat vir die inenting, wat toegedien word deur Harvey Mashilo.
Violet Mogola (landboudepartement) saam met Charl Groenewald, wat ook vir Lea ingevat het vir haar inenting.
Loes Rogers het haar kat, Milo, gevat sodat Harvey hom kan spuit.

 

@middelburgobserver

The Department of Agriculture rolled out their vaccination against rabies programme in Kanonkop, Middelburg, where scores of residents brought their furry friends for a free jab.

♬ original sound – MiddelburgObserver – MiddelburgObserver

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version