Nagsluipers weer in Kanonkop bedrywig, buit in erf laat val

Diewe is weer in Kanonkop bedrywig en het gisteraand oor mure in Oribi- en Kanariestrate gespring.

Jacqui Rawlinson, van Kanariestraat, ag haarself gelukkig dat sy nie groter skade gely het nadat ’n betreder Sondagaand om 19:30 in haar erf was nie.

Sy was in haar huis, met haar honde by haar, toe die dief waarskynlik van haar tuindrom gebruik gemaak het om oor die muur te klim en ’n kampstoel en ’n verlengingskabel te steel.

“Hy moes baie stil gewees het, want nie ek of my honde het hom gehoor nie.”

Jacqui vermoed dat die diefstal tussen 19:30 en 20:30 gebeur het, omdat die bure se honde erg tekere gegaan het, “die buurman was selfs na buite om te kyk waarom sy honde so blaf.”

Nog voordat Jacqui besef het dat haar kampstoel gesteel is, het ’n buurvrou vanaf Oribistraat haar gevra of die kampstoel wat in haar erf neergegooi was, moontlik aan Jacqui behoort.

“Gelukkig kan ek vanaand my kamptsoel en kabel by my buurvrou gaan haal,” het Jacqui vanoggend gesê.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/25/vlaag-inbrake-oor-die-naweek/

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version