News

Boer se stoor platgevee, dorp se dakke afgewaai

Stormwinde het die naweek groot skade in Middelburg omgewing en die res van die Hoëveldstreek aangerig.

Die naweek se stormsterkte winde het vanaf Middelburg tot sover as Emgwenya (Waterval Boven) geweldige skade aangerig.

• In Maroelastraat (Kanonkop) is ’n reuse boom Saterdagaand uit die grond uit geruk en het die munisipale werkers tot bykans middernag gewerk om dit uit die pad uit te kry.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/29/stormwind-ruk-boom-om/

• Inwoners van Somaphepha en werkers wat op ’n plaas op die Stoffbergpad bly, het laat weet dat hulle ook erge skade gely het.

• Mnr. Gerhard Greyling, wat boer tussen Carolina en Machadodorp, sê die dak van een van sy skure het afgewaai het, asook ’n gedeelte van die dak aan ’n stoorkamer teenaan sy huis.

Die skuur is met bourommel bestrooi.

“’n Paar bloekombome het ook afgebreek.”

Die windstorm het Sondagaand die verwoesting op die plaas gesaai.

Een van die bome wat op mnr Greyling se plaas uitgeruk is.

Gelukkig is sy tuiste en vee nie deur die stormwinde geraak nie.

• Mnr. Hennie Fourie het laat weet dat Emgwenya ook gisteraand (Sondag) deur ’n stormwind getref is.

“’n Paar huise se dakke, asook Usave se dak is afgewaai. Daar is tans ook geen selfoonsein in Emgewenya nie.” (Hy het van buite die dorp af die foto’s gestuur).

Usave in Emgwenya het ook erge dakskade in die stormwind opgedoen.
Een van die huise in Emgwenya (Waterval Boven) wat se dak afgewaai het.

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button