News

Stormwind ruk boom om

'n Geweldige stormwind het gisteraand 'n boom omgeruk en ook blare en takke wyd in die dorp rondgestrooi.

Nadat die wind gister heeldag gewaai het, het dit in ‘n stormwind ontaard en ‘n reuse boom in Maroelastraat (Kanonkop) omgeruk.

Om seker te maak motoriste ry nie in die boom, wat in die pad gelê het, vas nie, het mnr. Rassie Erasmus glim veiligheidsband om die area gespan.

Mnr. Rassie Erasmus wat glim veiligheidsband om die boom gespan het, sodat motoriste nie daarin vasry nie.

Een van die inwoners in die straat het met sy bakkie die boom uit die pad probeer sleep, maar die boom was te swaar en is die munisipaliteit gekontak.

Munisipale werkers was blitsig daar en het tot na 23:00 gewerk om die boom op te saag en uit die pad te verwyder.

Die munisipale werkers besig om die reuse boom op te saag.

Die 16-jarige Hendri Erasmus het ook ‘n handjie bygesit en die Erasmus-gesin het vir die werkers koeldrank en skyfies gegee om dankie te sê vir hul harde werk.

Hendri Erasmus (16) wat ‘n handjie bygesit het.
  • As daar dalk in jou omgewing ook skade was weens die stormwind, stuur jou verhaal en foto’s per WhatsApp na 072 248 3855.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button