Man en vrou beseer in ongeluk op N11

'n Man en vrou het beserings opgedoen in 'n ongeluk omstreeks 13:00 vanmiddag op die N11.

‘n Voertuig het vanmiddag op sy voorkant teen ‘n palissade heining tot stilstand gekom na ‘n ongeluk naby Pullenshope.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is nie bekend nie, maar op die toneel is beweer dat die vrou, wat die Hyundai bestuur het, moontlik uitgeswaai het vir ‘n trok wat vanaf Pullenshope se kant ingedraai het op die N11. Dit kon egter nie bevestig word nie.

Sy het beheer verloor oor die voertuig en het dit omgeslaan en op sy neus, wiele in die lug, te lande gekom teen die palissade heining.

Die man, wat ‘n passasier was in die kar, het ernstige beserings opgedoen. Beide die man en vrou is per ambulans hospitaal toe geneem.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version