Sewe beseer in ongeluk op N4

Motoriste word gemaan om versigtig te ry op die N4 na 'n ernstige ongeluk tussen 'n petroltenker en twee voertuie.

Daar was omstreeks 13:30 vandag (Vrydag) ‘n ongeluk by Berg-en-Dal (Dalmanutha) tussen Belfast en Millys.

Louwtjie Swart het op die ‘Traffic Alert’ WhatsApp-groep motoriste gewaarsku dat daar ‘n ernstige ongeluk is.

Daar is ook op die ‘Belfast Emergency’ Whatsapp-groep gemeld dat die Westelike baan (Middelburg se kant toe) gesluit was, maar daar is pas verneem dat die voertuie reeds uit die pad verwyder is.

Sewe mense, waarvan een ernstig, is in die ongeluk beseer.

Een van die voertuie wat in die ongeluk betrokke was.
‘n Sleepwa het tydens die ongeluk ook omgeslaan.

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version