News

Gebede Woensdag vir ‘Lilie’

Die gemeenskap word gevra om Woensdagaand saam te kom bid vir die agtjarige dogtertjie wat Donderdag ernstig beseer is in die ongeluk, wat haar pa se lewe geëis het.

’n Spesiale gebedsbyeenkoms word more-aand aan die bokant van Laerskool Kanonkop gehou vir klein Lemay Fouché, ’n graad twee leerling van Laerskool Kanonkop, wat ernstig beseer is in die ongeluk.

Lemay en haar oupa, Johnny Fouché, het ernstige beserings opgedoen. Haar pappa, Mornay, het opslag in die ongeluk gesterf.

Lemay is dieselfde aand per helikopter oorgeplaas na Gauteng, waar sy tans in die Alberton Netcare Hospitaal behandel word. Haar toestand is tans kritiek.

Ouers en vriende van die gesin het gevra dat die gemeenskap om 18:00 Woensdagaand op die hoek van Oribi- en Lilian Ngoyistraat, waar Lions Park is, byeen sal kom om te bid vir haar en die familie.

Persone wat die gebedsbyeenkoms bywoon, moet kerse saambring, wat aangesteek sal word.
Kinders wat saamkom, kan briefies skryf vir Lemay, wat teen die heining opgehang sal word.

Werner Malan, wat in die Covidtyd die bemoedigende geestelike musiek gespeel het voor die Life Midmed Hospitaal, sal voorgaan met geestelike musiek.

Om 18:15 sal almal begin saambid vir Lemay.

• As daar te veel mense is, sal almal net opskuif na Lions Park om vandaar af te bid.

• Dit is die tweede kind in dié graad twee klassie by Laerskool Kanonkop wat ’n ouer afstaan aan die dood in die afgelope paar maande.

Klein Katinka Nortjé se ma, Nadia, het in Junie hierdie jaar weens kanker gesterf.

• Vir enige navrae rakende die byeenkoms, skakel Ansobie Francis by 082 464 9719.

Lees oook: https://www.citizen.co.za/middelburg-observer/news/2024/09/20/mans-wat-in-ongeluk-gesterf-het-geidentifiseer/

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button