News

Ysige naweek voorspel!

Gaan haal die jasse uit die tasse, want dit gaan ysig koud wees die naweek!

 

Middelburgers wat beplan het om die naweek te gaan swem, sal ander planne moet maak, want vandag was die laaste warm dag vir die naweek.

Die kraaie het vandag gegaap met ‘n maksimum van 32 grade, maar iewes in die nag gaan die koue nader kruip.

Volgens die weervoorspelling Toeps (Apps) is die temperature more ‘n minimum van 7 en ‘n maksimum van 16 grade!

Saterdag word daar selfs sneeu in sekere gebiede in die Hoëveld voorspel, met ‘n minimum van 8 grade en ‘n maksimum van net 11 grade in Middelburg. Daar is selfs ‘n 50% kans vir reën.

Sondag klim die kwik bietjie met ‘n minimum van 8 en ‘n maksimum van 21 grade en Maandag minimum 8 en maksimum 21. Die res van die week sal dit warmer wees.

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Check Also
Close
Back to top button