News

Moordsaak voorlopig teen 67-jarige Blinkpan kerkskieter teruggetrek

Moordsaak voorlopig teruggetrek teen 67-jarige vrou na vermeende inbreker geskiet is.

’n Saak van moord word teen ’n 67-jarige Blinkpan vrou ondersoek nadat sy na bewering ’n vermeende inbreker Vrydagoggend omstreeks 02:00 op die NG kerkperseel geskiet het.

Die saak is voorlopig teen die beskuldigde teruggetrek, voordat sy haar eerste verskyning in die hof sou maak. Dit is teruggetrek op grond van uitstaande forensiese verslae en getuieverklarings.

Die Middelburg Observer het Vrydag reeds aanlyn oor die voorval berig, na die skietery by die kerk, wat reg oorkant die Blinkpan polisiestasie geleë is.

Lees ook: Man shot and killed during alleged break-in at Blinkpan church

Volgens die polisie het ’n verdagte ’n venster van die kerkgebou gebreek en so toegang tot die kerk gekry.

Aldus die polisie is ’n alarm geaktiveer, waarna ’n kerklidmaat wat op die perseel woon, gaan ondersoek instel het. Beweging is in die kombuis van die kerk opgemerk en hulp is ingeroep, waarna ander kerklidmate met twee voertuie by die kerk opgedaag het.

Die polisie het ook gemeld dat een van die persone wat op die noodroep gereageer het, die inbreker klaarblyklik in die kombuis gekonfronteer het. ’n Stoeiery het ontstaan in die kombuis, wat na buite die kerkgebou oorgespoel het. Daar is toe glo twee waarskuwingskote afgevuur.

’n Derde skoot is na bewering ná die twee waarskuwingskote afgevuur, wat die verdagte getref het. Hy is op die toneel deur Middelburg nooddienswerkers dood verklaar.

• Die vrou se identiteit kan nie bekend gemaak word voordat sy in die hof verskyn het nie.

• Die oorledene is Thani Zwane.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Sjani Campher

Sjani has been working as a community journalist and photographer at the Middelburg Observer since 2018, during which she has been responsible for the content creation for both digital and print, as well as maintaining the publication's online platforms. She is a member of the Forum for Community Journalists, and focuses on fields including hard news, investigative reporting, human interest, columns and sports.
Back to top button