Drie sterf in ongeluk op Stoffbergpad

Drie mense is dood en drie beseer in 'n ongeluk op die Stoffbergpad, net buite Middelburg.

Twee vroue en ‘n man het vanoggend in ‘n ongeluk gesterf wat omstreeks 08:00 sowat 9km buite Middelburg, net na die Wolma Plaas se afrit, gebeur het.

Die presiese omstandigheide rondom die ongeluk is nog nie bekend nie.

Die VW Polo is op die bestuurderskant getref.

 

‘n Silwerkleurige VW Polo is op die bestuurderskant getref deur ‘n goudkleurige D4D Hilux bakkie.

 

Die D4D Hilux bakkie wat in die ongeluk betrokke was.

 

Aldrie insittendes in die VW Polo is opslag dood en drie insittendes van die bakkie is ernstig beseer.

Beide voertuie het aan die regterkant van die pad (Stoffberg rigting) tot stilstand gekom.

Die VW Polo het teen die skuinste tot stilstand gekom na die ongeluk.

 

 

Exit mobile version