Elektriese heinings geen afskrikmiddel teen motorfiets-sindikaat

’n Motorhuis was oopforseer en diewe is met ’n BMW motorfiets vort.

Dit lyk of die motorfiets-diefstalsindikaat wat ’n geruime tydlank reeds by verskeie Middelburg wonings toegeslaan het, weer bedrywig is, nadat daar vroeg vanmore weer by ’n huis in Hoogstraat ’n BMW motorfiets gesteel is.

Die eienaar, mnr. John McSeveney sê dat ’n groep van minstens sewe boosdoeners omstreeks 02:47 vanoggend met ’n wit bakkie en onidentifiseerbare voertuig by sy huis in Hoogstraat aangekom het.

Van die boewe het oor McSeveney se elektriese heining in die hoek van sy erf gespring.

’n Buurman oorkant die straat het sy CCTV kameras nagegaan na die inbraak, en gesien hoe die bakkie en voertuig stadig die straat afbeweeg.
Minstens sewe persone klim dan uit die voertuie.

Die nommerplaat van die gesteelde BMW motorfiets.

Die beeldmateriaal is egter van swak gehalte, en die voertuig kan nie geïdentifiseer word nie.
Die figure op die video is ook baie onduidelik.

Die beeldmateriaal is aan die polisie oorhandig, en maak deel uit van die ondersoek.

McSeveney sê dat die boewe die motorhuisdeur, onder in die regterhoek opgelig het.
Daarna is die motorhuis van binne af oopgebreek.

Intussen is die elektriese hek na die erf ook oopgebreek, waarna die motorfiets die erf uitgestoot is.
Dit is waarskynlik op die bakkie gelaai en die boewe is daarmee vort.

’n Plakker met die naam Hannah is op die motorfiets se voorste modderskerm.

MsSeveney het wel foto’s van die motorfiets verskaf en vra dat inwoners met inligting hom direk sal skakel, of alterntiewelik die polisie.
Sy nommer is 083 729 1199.

• Dit was lank stil na ’n onlangse vlaag soortgelyke inbrake in die dorp.

Lees ook:

Motorfiets gesteel na vlaag hondevergiftigings

Motorfiets gesteel na gifstrooi voorval

Drie motorfietse uit motorhuis in Blesbokstraat gesteel

Exit mobile version