Man veilig wat verdwyn het met fiets

Die man wat gistermiddag verdwyn het met sy fiets nadat hy dorp toe is, is veilig gevind.

Johan van Huyssteen is gevind.

Daar is gisteraand berig dat familie en vriende bekommerd is oor mnr. Van Huyssteen, omdat hy omstreeks 16:00 met sy fiets gery het om iets by Mica te gaan koop.

Lees ook: Man verdwyn na hy met fiets dorp toe ry

Op ’n WhatsApp boodskap wat wyd rondgestuur is, word gevra vir hulp, omdat hy nie teruggekeer het huistoe nie.

“Ons is bang dat hy êrens beroof of seergekry het – area CBD Middelburg Sentraal. Enige inligting sal waardeer word. Help asseblief!” het die boodskap gesê.

Exit mobile version