Man verdwyn na hy met fiets dorp toe ry

'n Man het vanmiddag gery om iets by Mica te gaan koop en nog nie teruggekom nie.

Mnr. Johan van Huyssteen het omstreeks 16:00 vanaf SADC-straat met sy fiets gery gery om iets te gaan koop. Hy is nog nie tuis nie.

Familie en vriende sê dit is buite sy aard om nie voor donker by die huis te wees nie.

Hulle vrees dat hy dalk beroof is.

Ten tyde van sy verdwyning het hy ‘n denim oorpak en bruin leerskoene gedra.

As enigiemand hom dalk iewers gewaar, skakel Eugene by 078 804 0832.

* Op die foto wat verskaf is, is hy heelwat jonger.

Exit mobile version