News

Vriendelike Jaco oorlede

Die vriendelike aptekers-assistent wat ál sy kliënte op hul name geken het, is verlede Woensdag in die Life Midmed Hospitaal oorlede.

Jaco Smit (37) het in die mediese intensiewesorgeenheid oorlede na twee beroertes weens ’n gewas op die brein.

Middelburgers sal hom onthou toe hy nog as aptekers-assistent by TLC Moms Apteek gewerk het. Hy het kort voor sy siekte bedank en die laaste ruk net gelokum.

Familie en vriende onthou hom as ’n omgeemens wat alles vir ander sou doen.

Die begrafnis is Donderdag om 11:00 uit die NG Kerk, Suid gemeente. Ds. Hardus van Niekerk sal die diens lei.

• Die diens kan Donderdag aanlyn gevolg word deur op dié skakel in te gaan: https://youtube.com/live/iQvPwB1WIPk

• ’n Meer volledige huldeblyk oor Jaco sal in die Vrydag uitgawe van die Middelburg Observer verskyn.

Back to top button